die Profeet na wie ons moet luister

Hierdie profeet, die Profeet na wie ons moet luister, dit is Yeshua. Yeshua is nie net sommer ʼn naam nie, daar is groot betekenis agter die naam in Mateus 1 vers 21 lees ons: “en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”  Vir nou sal ek die kort verduideliking gee. Yeshua is n samestelling van twee woorde die “Ye” verteenwoordig die Naam van God, die “shua” beteken red (Onthou die is net ʼn kort verduideliking ek sal op ʼn later geleentheid meer hieroor sê.) In Hebreeus lees hierdie vers dan so: “Jy moet hom noem “YHWH red” want Hy sal sy Volk red.”

Moses se woorde

Yeshua was hier op aarde vir twee redes, die eerste, om vir ons die Pasga Lam te wees. Die tweede rede om Moses se woorde te vervul Deutremomium 18: 15 tot 20:-

‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister— net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf. Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis. Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.

Volksgenoot van die Volk van God

As jy nie besny is nie het jy nie deel van die redding wat die bloed van die lam bring nie. Met hierdie uiterlike teken van die besnydenis het jy dan deel van die Volk van God geword, die selfde voorregte en wette geld vir jou en die Israeliete, daar is geen onderskeid nie. Nou moet ons verstaan dat al die rituele en wetlike voorskrifte ʼn oefening is van alles wat goed is en dit dui op ʼn toekomstige vervulling. Met die kruisiging van Yeshua is die Pasga vir ons geoffer, om dan deel te hê aan die Offer moet ons deel van die Volk van God wees, ons moet besny wees, nie in die vlees nie maar die hart. Eers die besnydenis dan die redding, nie anders om nie. As jy dan nou ʼn Volksgenoot van die Volk van God is geld al die wette en voorregte vir jou. Daar is dan net een Wet, maar wat is hierdie Wet.

Deelgenote van die Volk van God

Ons as deelgenote van die Volk van God, Oeps, ek is nie ʼn Israeliet of ʼn Jood of ʼn Hebreër nie, hoe kan ek my dan self sien as deel van die Volk van God? Eers ʼn paar grond reëls, die Ou Testament het nie verval nie, die Nuwe Testament het nie die Ou Testament vervang nie, dit is EEN Geskiedenis. Ons is ook dan geneig om die vers verdelings in die Bybel as individuele gedagtes te sien en die werklike eenheid gaan so tot nuut, so kyk dan na hierdie gedeelte ek het die vers verdelings verwyder:

Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie. Maar elke slaaf wat ‘n man met geld gekoop het, dié moet hy besny; dan kan hy daarvan eet. Geen vreemde inwoner of huurling mag daarvan eet nie. In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie. Die hele vergadering van Israel moet dit hou. En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie. Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef. En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.

Sommer net gesels oor die Bybel en Bybel stories

Sommer net gesels oor die Bybel en Bybel stories. Dit is net hier waar die begin van twyfel begin, om die geskiedenis van ʼn Volk wat die God die Skepper van die hemel en die aarde vir ons in woord vas gelê het ʼn storie te noem is uit die bose. U sien die Bybel is geskiedenis, dit is geskiedenis van dinge wat gebeur het en die geskiedenis van dinge wat nog gaan gebeur. Die Bybel is nie vir ons gegee om die toekoms te voorspel nie maar om te sien wat vooraf geskrywe is nou ʼn werklikheid geword het. So was dit dan met die geboorte van Christus, die gebeurtenis was vooraf beskrywe en die dag en datum is ook vooraf bepaal en in die Bybel opgeteken. Ja u het reg gelees, die dag en datum is in die Bybel waarop Yesua (Jesus – soos meeste mense na Hom verwys – Meer hieroor later) gebore is, en dit is nie 25 Desember nie.

Job Adam en Eva

Ek weet nie waar om te begin nie, begin ek van waar ek staan en kyk terug, begin ek van die begin af en kyk vorentoe? Miskien moet ek sommer hier begin: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!”. Van al die geloofs verklaringe in die hele Bybel en wat ooit deur ʼn mens geuiter is, is dit die heel treffendste, die man wat dit gesê het is nie eens bekend vir sy geloof nie. Hierdie man is bekend vir hierdie frase: “So geduldig soos Job”, ek wil nie hier Job ontleed nie, miskien op ʼn later geleentheid. Die punt wat ek wil maak is dat deur gesegdes en spreekwoorde idees in mense se koppe ingeprent word wat die waarheid net genoeg verdraai sodat leuens en onwaarhede makliker opgedis kan word. Nog een ding, Hoe het die HERE Job beskrywe, as geduldig? Nee, die Lewende God, die Skepper van hemel en aarde getuig so van Job: “Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”

Dit is nou waar die twee paaie skei, die een sê, die geduld van Job en beskryf die gebeure so. “Laai maar op ek sal nie wankel nie ek sal oorkom”. Die ander “Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!”. Daar is nog ander gebeure wat hierdie twee paaie beskryf, in Genesis by die sondeval. Daar is die persepsie dat toe Adam gevra was of hy van die boom geëet het dat hy die blaam op Eva geplaas het. Die waarheid is dat hy, Adam die waarheid gepraat het en sy skuld bely het. “Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.” Hier is daar twee maniere om hierdie gebeurtenis te interpreteer. Die een is dat Adam die skuld pak op die HERE omdat die vrou wat aan hom gegee is hom laat sondig het. Die ander is dat toe die vrou vir hom die vrug aangebied het, het hy uit eie keuse van die vrugte geneem en geëet en so aanvaar en bely dat hy skuldig is.

Nou net nadat Adam en Eva tussen goed en kwaad kon onderskei moes hulle kies tussen goed en kwaad. Dit is nounet hier waar die twee gekies het om die waarheid te praat, wat sou ek en jy geantwoord het op hierdie vraag?

Hebreeuse alfabet – Alef tot Dalet

א – Die eerste letter van die Hebreeuse alfabet:

Die Alef (Aleph) is een van ʼn paar Hebreeuse letters wat nie ʼn uitspraak het sonder om met ʼn klinker geassosieer te word nie. Die Alef is ook een van die keelklank letters, soos die naam aandui word keelklank letters agter in die keel gevorm.

Opsomming

Naam Hebreeus Naam Afrikaans Uitspraak Numerologie
אָלַף Alef Geen 1

 

ב – Die tweede letter van die Hebreeuse alfabet:

Die Bet is een van die Hebreeuse letters wat met of sonder ʼn dagesh gebruik kan word. ʼn Dagesh is ʼn kolletjie wat in die letter voorkom. Die dagesh in hierdie geval verander die uitspraak van die letter. Dit is nie ʼn klinker nie.

Opsomming

Naam Hebreeus Naam Afrikaans Uitspraak Numerologie
בֵּית Bet Be soos in bet 2
בֵית Wet We soos in wet 2

 

ג – Die derde letter van die Hebreeuse alfabet:

Die Gimel   is een van die Hebreeuse letters wat met of sonder ʼn dagesh gebruik kan word. ʼn Dagesh is ʼn kolletjie wat in die letter voorkom. Die dagesh in hierdie geval verander NIE die uitspraak van die letter.

Naam Hebreeus Naam Afrikaans Uitspraak Numerologie
גִּמֶּל Gimel Ghe soos in ghetto 3

 

 

ך – Die vierde letter van die Hebreeuse alfabet:

Die Dalet   is een van die Hebreeuse letters wat met of sonder ʼn dagesh gebruik kan word. ʼn Dagesh is ʼn kolletjie wat in die letter voorkom. Die dagesh in hierdie geval verander NIE die uitspraak van die letter.

Naam Hebreeus Naam Afrikaans Uitspraak Numerologie
ךָּלֶת Dalet De soos in Dawid 4

Hebreeuse alfabet – oorsig

Die Hebreeuse alfabet het net twee en twintig letters, elkeen van die letters is ʼn konsonant. Klinkers word aan die konsonante geheg deur kolleksies en strepies onder en bo die letters te plaas.

Hier is ʼn paar voorbeelde.

klinker-voorbeeld

Alhoewel hierdie klinkers die basiese vyf normale klinker klanke het is daar baie variante daarvan, soos ons in Afrikaans ook het soos: se en sê. In Hebreeus is daar net meer maar die is georganiseer en bevat ook die lang en kort klanke.

Buiten die twee en twintig klinkers is daar ook nog vyf addisionele konsonante waar die konsonant aan die einde van ʼn woord verander in die konsonant se finale vorm. Soos as Noen:

noen

Noen in die eerste geval kom enige plek in ʼn woord voor behalwe aan die einde, dan is dit die tweede geval, hierdie vorm kom net aan die einde van ʼn woord voor.  In Hebreeus word finale vorm van die letter Sofit (uitspraak: sou-fiet) genoem.

Oorspronklik het die Hebreeuse skrif anders gely as vandag, gedurende die Babilonies ballingskap het hulle die Assiriese letter styl aan geneem. Vir  ʼn tyd lank het hulle beide letter style geruik maar die eerste het later in onbruik geraak.

Voorbeeld van die ou Hebreeuse skrif
Voorbeeld van die ou Hebreeuse skrif