Die Hebreeuse alfabet het net twee en twintig letters, elkeen van die letters is ʼn konsonant. Klinkers word aan die konsonante geheg deur kolleksies en strepies onder en bo die letters te plaas.
Hier is ʼn paar voorbeelde.
Alhoewel hierdie klinkers die basiese vyf normale klinker klanke het is daar baie variante daarvan, soos ons in Afrikaans ook het soos: se en sê. In Hebreeus is daar net meer maar die is georganiseer en bevat ook die lang en kort klanke.
Buiten die twee en twintig klinkers is daar ook nog vyf addisionele konsonante waar die konsonant aan die einde van ʼn woord verander in die konsonant se finale vorm. Soos as Noen:
Noen in die eerste geval kom enige plek in ʼn woord voor behalwe aan die einde, dan is dit die tweede geval, hierdie vorm kom net aan die einde van ʼn woord voor. In Hebreeus word finale vorm van die letter Sofit (uitspraak: sou-fiet) genoem.
Oorspronklik het die Hebreeuse skrif anders gely as vandag, gedurende die Babilonies ballingskap het hulle die Assiriese letter styl aan geneem. Vir ʼn tyd lank het hulle beide letter style geruik maar die eerste het later in onbruik geraak.