א – Die eerste letter van die Hebreeuse alfabet:
Die Alef (Aleph) is een van ʼn paar Hebreeuse letters wat nie ʼn uitspraak het sonder om met ʼn klinker geassosieer te word nie. Die Alef is ook een van die keelklank letters, soos die naam aandui word keelklank letters agter in die keel gevorm.
Opsomming
Naam Hebreeus | Naam Afrikaans | Uitspraak | Numerologie |
אָלַף | Alef | Geen | 1 |
ב – Die tweede letter van die Hebreeuse alfabet:
Die Bet is een van die Hebreeuse letters wat met of sonder ʼn dagesh gebruik kan word. ʼn Dagesh is ʼn kolletjie wat in die letter voorkom. Die dagesh in hierdie geval verander die uitspraak van die letter. Dit is nie ʼn klinker nie.
Opsomming
Naam Hebreeus | Naam Afrikaans | Uitspraak | Numerologie |
בֵּית | Bet | Be soos in bet | 2 |
בֵית | Wet | We soos in wet | 2 |
ג – Die derde letter van die Hebreeuse alfabet:
Die Gimel is een van die Hebreeuse letters wat met of sonder ʼn dagesh gebruik kan word. ʼn Dagesh is ʼn kolletjie wat in die letter voorkom. Die dagesh in hierdie geval verander NIE die uitspraak van die letter.
Naam Hebreeus | Naam Afrikaans | Uitspraak | Numerologie |
גִּמֶּל | Gimel | Ghe soos in ghetto | 3 |
ך – Die vierde letter van die Hebreeuse alfabet:
Die Dalet is een van die Hebreeuse letters wat met of sonder ʼn dagesh gebruik kan word. ʼn Dagesh is ʼn kolletjie wat in die letter voorkom. Die dagesh in hierdie geval verander NIE die uitspraak van die letter.
Naam Hebreeus | Naam Afrikaans | Uitspraak | Numerologie |
ךָּלֶת | Dalet | De soos in Dawid | 4 |